
Is jy en jou mense lief vir lees? Koop boeke teen spesiale pryse deur Huisgenoot. Kies tussen pakkette of boeke van die maand,
en ons lewer dit by jou af.
KIES UIT ONS GEKEURDE LYS –
JY KRY AFSLAG!
Hoe werk dit?
Huisgenoot se boekklub bied twee pakkette wat jy aanlyn kan bestel. Jy kan in elke pakket kies watter boeke jy wil hê. Jy kry afslag op die omslagprys van ons gekeurde boeke, en ons lewer dit by jou af. Ons bied elke drie maande nuwe boeke. Netwerk24 se topverkoperlys is ook hiér beskikbaar.
- Volwassenes: Kies ’n boek uit die twee afdelings en ’n tydskrif of boek uit die derde afdeling. Die pakket kos R520 + afleweringskoste.
- Kinders: Kies ’n boek in elkeen van die twee afdelings + ’n tydskrif of boek. Die pakket kos R360 + afleweringskoste.
- Boeke van die maand: Bestel die boeke op Netwerk24 se topverkoperlys teen ’n winskoop. Dié boeke verander maandeliks.



