-
Super C – Susan Coetzer
R280.00Oorleef jy net-net? Smag jy na blydskap en lewenslus en krag? Ons almal – ook jy – kan veerkragtig en borrelend in Christus leef.
-
Sophia Blijdenstein beleef weer een van die episodes waar alles voor haar eenvoudig swart word. Wanneer sy bykom, vind sy haar man, die popster Max Bladen, bewusteloos met ’n dodelike wond aan sy kop. Sy lewe hang aan ’n draadjie. En dit is net sy in die huis saam met hom.
-
In Weg is nie ’n plek nie herinner Santie van der Merwe ons hoe die liefde ons almal raak, en dat verlies soos ’n kooltjie bly smeul en onverwags weer kan vlamvat. Maar soms skenk die heelal vir ’n mens ’n moederfiguur wanneer jy dit die nodigste het.
-
Op soek na wysheid – Joyce Meyer
R280.00Meyer bespreek op haar praktiese wyse die kernbeginsels van Spreuke: wysheid, insig, oordeelkundigheid, kennis, diskresie, onderskeidingsvermoë en die vrees van die Here.
-
Cara – Helena Hugo
R320.00Cara is ná 35 jaar in Europa deur twee wêreldoorloë eindelik op pad terug na haar geboorteland. Dis vir haar moeilik om weer by haar Afrikaanse familie aan te pas. Vir haar voel dit soms of sy vir die res van haar lewe op reis sal wees. Het sy eindelik haar bestemming bereik?
-
Sarah plus een – Kristel Loots
R290.00Sarah het géén begeerte om met grasie oud te word nie. Sy is ’n weduwee, maar allermins eensaam. Waarmee Sarah nie rekening gehou het nie, is dat sy in dié stadium van haar lewe ’n metgesel sou nodig kry. Dit is nou wat die uitnodiging na haar vyf-en-vyftigste martriekreünie skielik van haar vra.
-
‘n Lekkerlees skoolstorie vir 14 jaar+ met ‘n unieke invalshoek van middeleeuse kuns. Die liefdesverhaal word ouderdomstoepaslik in die storie verweef.
-
Ruben Namibië en Cindy
R250.00Meerkatte, grondeekhorings, vlakvarke, ystervarke en Cindy die bobbejaan – 6 stories met foto’s en illustrasies. Volkleur-dieremanewales op elke bladsy!
-
Van April 2023 verskyn Landbouweekblad tweeweekliks – sterker nuus en aktuele ontledings, artikels met vleis, inspirerende leefstylstories en bedryfsinligting wat jy nêrens anders kry nie.
-
Huisgenoot 11 Desember 2025
R65.00Kry jou Huisgenoot tuis! Suid-Afrika se topverkoper-tydskrif bied weekliks boeiende leesstof – en elke uitgawe bevat iets vir almal in die gesin.
-
Huisgenoot Gids, SA Helde
R85.00Jy’t nie supermagte nodig om die wêreld te verander nie. Kyk hoe dié Suid-Afrikaanse baanbrekers die weg berei het vir toekomstige presteerders soos jy! Dié uitgawe bevat meer as 140 Suid-Afrikaners wat grense verskuif en op die wêreldverhoog geskitter het. Of dit nou in Hollywood, op die musiektoneel, in die sportarena, wetenskap, sakewêreld of modeverhoog…
-
Koning Charles III
R95.00In hierdie gedenkuitgawe: Koning Charles III – Hoe gaan Charles die monargie verander? Alles oor die nuwe monarg – Hartseer kinderjare, vroeë liefdes, die toegewyde pa, die dierbare oupa; Die Diana-jare – Glans, leuens, jaloesie en tragedie: wat regtig verkeerd geloop het en Camilla – Van gehate minnares tot koningingemalin en Charles se rots.












