-
Moord- en-roofspeurder Adriaan Kruger is warm op die spoor van ’n reeksmoordenaar. Maar hoe trek jy iemand vas wat só berekenend toeslaan, iemand wat pynlik netjies te werk gaan en oënskynlik geen leidrade agterlaat nie?
-
Maak gereed vir ‘n nuwe strokiesboekreeks deur die skepper van Hondman! In hierdie reeks leer Kleinkat vir een-en-twintig paddavissies hoe om hul eie strokiesprente te skep.
-
Kom saam op ʼn heerlike avontuur met voertuie wat op land, water en hoog in die lug beweeg! Ontdek iets nuuts op elke bladsy: ʼn fiets met ʼn vrolike klokkie wat lui, ʼn groot geel bus vol passasiers, en ʼn stoomtrein wat van doer aankom.
-
Betree die betowerende wêreld van sprokiesverhale met hierdie interaktiewe hervertelling van Rooikappie! Die opwiptonele en flappe in hierdie klassieke storie sal kinders se verbeelding aangryp en hul nuuskierigheid prikkel.
-
Wikus besluit om ʼn dagboek te hou vir een belangrike rede: Sy nuutste wetenskaplike eksperiment het, soos al die ander, verskriklik, verskriklik verkeerd geloop. As hy alles begin neerskryf, gaan hy dalk ʼn patroon sien en uitvind wat dit is wat al sy baie belowende eksperimente altyd so skeef laat loop!
-
Web van leuens – Marion Erskine
R255.00In die klein myndorpie Goudfontein weet almal iets van mekaar …maar niemand ken die volle waarheid nie. Wanneer drie matrikulante – die ambisieuse hoofmeisie Lerato, die skool se rugbykaptein Marno, en die loskop rebel Clayton –gelyktydig anonieme dreigboodskappe ontvang, begin ʼn gevaarlike speletjie van manipulasie en leuens.
-
Roulette – Sydney Gilroy
R320.00In September 1998 vertrek die vier Ludick-sibbe en drie maats na Ballito. Net die drieling en hul vriende keer ’n week later terug. Sollie Mthembu se nuwe ondersoek lei hom terug na die onopgeloste dossier. Om die moordenaar te stuit, moet hy agter die kap van die byl kom…
-
Lotta se beste vriendin, Chantelle, is in die wolke, want haar ma het ’n man op ’n webwerf vir pasmaats ontmoet. Nou wil sy sommer vir almal ’n pasmaat soek! Miskien kan Lotta haar daarvan laat vergeet deur haar in die middel van die nag op ’n otter-avontuur te vat . . .
-
Super C – Susan Coetzer
R280.00Oorleef jy net-net? Smag jy na blydskap en lewenslus en krag? Ons almal – ook jy – kan veerkragtig en borrelend in Christus leef.
-
Sophia Blijdenstein beleef weer een van die episodes waar alles voor haar eenvoudig swart word. Wanneer sy bykom, vind sy haar man, die popster Max Bladen, bewusteloos met ’n dodelike wond aan sy kop. Sy lewe hang aan ’n draadjie. En dit is net sy in die huis saam met hom.
-
In Weg is nie ’n plek nie herinner Santie van der Merwe ons hoe die liefde ons almal raak, en dat verlies soos ’n kooltjie bly smeul en onverwags weer kan vlamvat. Maar soms skenk die heelal vir ’n mens ’n moederfiguur wanneer jy dit die nodigste het.
-
Op soek na wysheid – Joyce Meyer
R280.00Meyer bespreek op haar praktiese wyse die kernbeginsels van Spreuke: wysheid, insig, oordeelkundigheid, kennis, diskresie, onderskeidingsvermoë en die vrees van die Here.












