AA Reisiger Winter 2022

R70.00

Die winter-uitgawe van AA Reisiger is vol reiswenke en -inspirasie, sowel as nuttige inligting vir motoriste. Met die onlangse skokkende brandstofprysstygings ondersoek ons die redes daarvoor en gee ons wenke aan motoriste om die pyn by die peltrolpomp te verlig. Die motorskrywer Juliet McGuire kyk na die opsies vir elektriese voertuie wat tans in Suid-Afrika beskikbaar is. Is Suid-Afrika gereed vir hierdie elektriese revolusie? Johannesburg is nie net die sakehoofstad van Suid-Afrika nie, dit is ook ’n stad wat baie het om te bied vir diegene wat wil knibbel, kyk, kuier en koop. AA Reisiger het ’n omvattende toeristegids tot die Goudstad saamgestel. Van die glinstering van die stadsligte tot die bekoring van die stofland. Die Richtersveld is die ideale bestemming as jy jou 4×4 sy spiere wil laat bult en het ’n skoonheid wat jou twee keer sal laat kyk, mits jy geduldig is, het Evan Naudé ontdek. In ons wetenskapafdeling skryf Engela Duvenage oor die spesiale veldtog om weerlose kuikens op Marion-eiland van ’n muisplaag te red.

Ontmoet ook dr. Aisha Pandor, die stigter van SweepSouth, ’n app-diens waarmee jy skoonmaak- en hersteldienste kan ontbied.

As die koue jou laat klappertand, het ons 11 heerlike sopresepte vir die winter in ons resepte-afdeling. Of jy op pad kantoor toe is of ’n staproete wil gaan, ons het die ideale rugsak vir jou in ons toerustingseksie.

 

In stock

Categories: ,

Additional information

Weight 0.19 kg