
Rensche van der Walt was slegs 23 jaar oud toe Britse soldate haar en haar gesin van hul plaas na die Bethulie-konsentrasiekamp weggevoer het. Sy het van die begin af dagboek gehou. Haar ongekunstelde beskrywings verplaas die leser direk na die kamp se tentedorp waar jy saam met haar honger, dors en koud kry.