Johnny Davids word groot op die Kaapse vlakte. As jong seun besluit hy het genoeg mishandeling gehad en loop weg. In Walvisbaai kry Johnny kans om heel te word. As jong volwassene skryf hy en sy sangmaat Vivian in vir ‘n sangkompetisie, hulle wen en so skop sy TV-loopbaan af.