Description
Leer jou kind goeie waardes en belangrike lewenslesse met Die Bybel: Stories vir kinders. In die pragtig geïllustreerde uitgawe word 30 Bybelstories in kindervriendelike Afrikaans vertel. Elke storie word afgesluit met vrae wat kinders aan die dink en gesels sal kry en hulle ook sal inspireer om die waardes waaroor hulle hier leer te lééf.