Eenvoud 2022

R135.00

Maak jou eie mosterd, slaaisous, warmsjokolade, jogurt… kook seep, meng gesigolie en maak skoon met goed uit jou spens, ons wys jou hoe! Eenvoud is half-tydskrif, half-joernaal, met plek om jou eie notas en eksperimente neer te pen. (Plus gratis uitknip-etikette, geskenkkaartjies en ’n herwinplakaat.)

Jy hoef nie ’n meestersjef of handwerkghoeroe te wees nie. Geniet die proses van met jou hande werk en iets nuuts leer; weg van skerms af. En om vir ’n vriendin ’n geskenk te kan gee, wat sê ek het tyd vir jou gemaak.

Vir die wat nie so kranig in die kombuis of naaldwerkkamer is nie, wys ons jou watter volhoubare, plastiekvrye en plaaslike produkte beskikbaar is, en waar om dit te koop.

Stap saam met Eenvoud die pad na ’n groener, meer skeppende en betekenisvolle lewe.

In stock

Categories: , , ,

Description

Hunker jy na ’n minder gejaagde, meer skeppende lewe? Waar jy nader aan die aarde lewe; miskien ’n bietjie boer op jou werf; met ’n groentetuin en ’n paar hoenders sodat jy elke oggend warm eiers uit ’n nes kan haal…

Jy is nie alleen nie. Regoor die wêreld is daar ’n kollektiewe wete dat ons anders sal móét begin lewe. Vir ons eie geestesgesondheid én die aarde se voortbestaan.

Die groot vraag: Waar en hoe begin ’n mens? Daar is ’n oorvloed inligting op die internet en sosiale media. En dís waar Eenvoud jou lewe vergemaklik. Ons het deur die geraas gesif en die beste volhoubare idees saamgevat; in Afrikaans.

Additional information

Weight 0.34 kg