
Francois van Coke span saam met Annie Klopper om in sy eie stem die gebeure te vertel wat hom as mens en musikant gevorm het. Stories word vertel oor mylpale soos Fokofpolisiekar, Van Coke Kartel en “Toe vind ek jou”, asook oor wilde partytjies, vuisgevegte, dwelms, liefde, soberheid en pa-wees.