Description
Dis daardie tyd van die jaar om feestelik te raak en dit beteken die blink-seisoen moet met ’n spesiale tydskrif, wat met alles wat Kersfees is, gevier word! Met meer as 160 idees is dié tydskrif net wat jy nodig het om jou feestyd behoorlik te vier en onvergeetlik te maak. Daar is idees vir tafeldek, dekor-inspirasie en natuurlik nege uithaler spyskaarte met alles van voorgereg, bykosse, hoofmaaltye en dekadente nageregte. Boonop bederf Herman elke leser met 1,5 m gratis Kersfees-geskenkpapier asook ses geskenkkaartjies.