Description
Proe hierdie seisoen die beste boerekos met plaasprodukte uit die oorvloedige kosmandjie van die Laeveld. Ons kuier by boere en hul gesinne ek kook en bak met streeksprodukte, van piesangs, sitrus, kiwivrugte, avokado’s, mango’s, papajas en makadamianeute, tot tamaties, koffie, wilds-, bees- en varkvleis, om maar ’n paar te noem.