Lotta se beste vriendin, Chantelle, is in die wolke, want haar ma het ’n man op ’n webwerf vir pasmaats ontmoet. Nou wil sy sommer vir almal ’n pasmaat soek! Miskien kan Lotta haar daarvan laat vergeet deur haar in die middel van die nag op ’n otter-avontuur te vat . . .