Description
Paloeka is die liefdevolle leeu wat verskyn in Huisgenoot se aanlyn kinderprogram Die Babbelbende. Kinders kan dié prettige, leersame videoreeks op huisgenoot.com kyk en ook weekliks in Huisgenoot stories lees oor die oulike groepie maats en hul interessante avonture en al die dinge wat hulle leer. Hierdie leeupop sal enige kinderhart bly maak. Kyk die reeks, lees die stories – en bring vir jou kind vreugde met hierdie oulike Paloeka-pop!
Palawa die kameelperdpop is ’n lieflike maatjie vir enige kind. Kinders kan haar avonture in die aanlyn kinderprogram Die Babbelbende op huisgenoot.com volg. In dié prettige, leersame videoreeks kuier Palawa en haar maats heerlik saam terwyl hulle interessante dinge uitvind en leer. ’n Nuwe storie oor Die Babbelbende verskyn ook elke week in Huisgenoot. Kyk die reeks, lees die stories – en verwarm jou kind se hart met hierdie oulike Palawa-pop!