Sarah plus een – Kristel Loots

R290.00

Sarah het géén begeerte om met grasie oud te word nie. Sy is ’n weduwee, maar allermins eensaam. Waarmee Sarah nie rekening gehou het nie, is dat sy in dié stadium van haar lewe ’n metgesel sou nodig kry. Dit is nou wat die uitnodiging na haar vyf-en-vyftigste martriekreünie skielik van haar vra.