Description
tvplus was nog altyd bekend om sy unieke blokraaisels wat op die TV gegrond is – en nou is dit uiteindelik beskikbaar in ‘n bundel met 100 bladsye vol blokraai- en speletjiesplesier. Ons onthou sommer ou sepies en sterre (daar is darem leidrade om jou geheue te verfris!), en dis die tipiese tvplus-blokraaisels wat so geliefd en gewild is. Daar is oorgenoeg kodeblokraaisels, sudoku-kopkrappers en woordsoekspeletjies as afleiding terwyl jy oor ‘n antwoord dink. Jy moet beslis nie jou tvplus-blokraaiboek misloop nie!