
Maré l’Abillionni Dourovallei word uit Portugal na Madagaskar weggeruk en beland op die slaweskip Meermin voordat sy in 1766 by Struisbaai uitspoel. Hetta Uys, getaak met die opruiming en verkoop van haar ouma se “spookhuis”, beland 258 jaar later op Agulhas. En dan ontdek ’n nutsman ’n stokoue dagboek in die huis…