Web van leuens – Marion Erskine

R255.00

In die klein myndorpie Goudfontein weet almal iets van mekaar …maar niemand ken die volle waarheid nie. Wanneer drie matrikulante – die ambisieuse hoofmeisie Lerato, die skool se rugbykaptein Marno, en die loskop rebel Clayton –gelyktydig anonieme dreigboodskappe ontvang, begin ʼn gevaarlike speletjie van manipulasie en leuens.