Weg! Platteland Lente 2022

R100.00

Waar gaan julle blomme kyk hierdie seisoen? As julle nog nie weet nie, deel ons met julle in ons jongste uitgawe klomp geleenthede wat julle behoorlik dié lente uit julle dop sal wil laat kruip.

In stock

Categories: , , Brand: Platteland

Description

Waar gaan julle blomme kyk hierdie seisoen? As julle nog nie weet nie, deel ons met julle in ons jongste uitgawe klomp geleenthede wat julle behoorlik dié lente uit julle dop sal wil laat kruip. Kom besigtig ‘n kwekery wat in die vorm van ‘n roos uitgelê is tydens Hogsback se Tuinfees, ontmoet die blomboernooiens van Hort Couture Flower en gaan loer wat hulle alles geplant het, maak blomme-eetgoed en botaniese drankies saam met Veld en See, en vind ten minste een goeie rede om jou eie groente te begin plant. Ons wys julle hoe om dit goedkoop te hou. Ons gaan stap saam met iemand wat ook al weet hoe. Die entrepeneur en kunstenaar Tori Stowe is aan die stuur van die organisasie GROW Nolukhanyo wat kostuine by huise, crèches, skole én ‘n kliniek begin het. Weet julle waar is Kameel? Willem van der Berg verduidelik hoe om met ‘n om pad daar uit te kom. Alan Duggan gaan kuier by dié mense wat ‘n waterleefstyl voer en deel sy fassinasie met als wat vloeiend en heilsaam is. Rob en Maria Kirsten het 17 jaar gelede die skuif na die weskusdorpie Velddrif gemaak, en kan nie gelukkiger wees nie – al was hulle bure aanvanklike bietjie skepties gewees oor die nuwe inkommelinge. Waar begin en eindig die Tankwa? Adriaan Oosthuizen skets in hierdie uitgawe vir julle ‘n prentjie met ‘n foto-essay. Mia Louw gaan speel vir ‘n rukkie wegkruipertjie in Vanderkloof, ‘n wegkom-oase tussen die Noord-Kaapse koppies. Ons wys jou hoe om die ligte en ander elektriese toestelle by die huis aan te hou met Zigi Ekron se kompakte kragboks. Martelize Brink deel uit haar tweede kookboek Oor die kole, ‘n braaidagspyskaart om dié komende Erfenisdag op 24 September behoorlik te vier. (Haar Pastel de natas is ‘n absolute moet!) Laastens maar nie die minste nie, raak Ryno Eksteen diepsinnig oor die legkaart van gister. Kom lees en deel saam in al die oorvloedigheid.

Additional information

Weight 0.31 kg
Media Issue

WPLA000036

Media Product

WPLA