WEG Platteland Winter 2022

R100.00

As jy dink daaraan om hierdie winter uiteindelik jou wortels uit te trek en die skuif platteland toe te maak, is ons splinternuwe Winter-uitgawe tot barstens toe vol idees vir waar jy jou heil kan gaan loop vind.

Stories, stof en stilte wag vir jou in hierdie uitgawe.

 

In stock

Categories: , Brand: Platteland

Description

Kom stap saam met ons deur Prince Albert se strate en kyk met nuwe oë na hierdie dorp in die Groot-Karoo wat sy 260ste bestaansjaar voer. Anri Matthee neem die afdraai 5km voor jy Greyton inry, en ontdek Genadendal, Suid-Afrika se oudste sendingdorp. Doer aan die anderkant waar Noordwes ‘n duik in Botswana maak, verken Willem van der Berg die stofdorpies van die Molopo en ontmoet hy die mense wat nog tyd het vir stories vertel. Wilgepoort, Trichardtspoort, Zusterstroom… of sommer net “die vallei”, lê skaars 40 km noordoos van Bronkhorstspuit. Die inwoners vertel almal dieselfde storie: Jy verwag nie te veel nie. Tog, vind Mia Louw, word daar hier met alles van kersies tot kampeerders geboer. Terug in die Swartland maak ons ‘n draai in Koperfontein en leer ons van die Umoya Energy-windplaas wat groen elektrisiteit aan die kragnetwerk lewer. Danksy dié windplaas en die Copper Kettle-koffiewinkel blyk dit of daar ‘n bries van verandering deur dié gehuggie trek. As daar een boom is wat jy liefs twee keer moet dink voor jy dit uitkap, is dit die bloekom. Ons gee ‘n paar redes waarom die behoud van bloekoms belangrik is. Ons kyk na bromvoëls, die vlagskipspesie van die savanne wat kritiek bedreig word, maar nou ‘n tweede kans kry. Sedert 1954 al word daar vellies gemaak by die Strassberger-winkel op Clanwilliam. Ons volg die spoor van dié geliefde leerskoene deur die dekades. Ons wys jou hoe om jou eie kokedama of Japannese mosbolle te maak, waar die beste plekke in Nieuwoudville-omgewing is om die veldblomskouspel te gaan kyk en moedig jou aan om nou ‘n paar boerbone te plant om in die lente te geniet.

Additional information

Weight 0.27 kg